Ons Groei

Hartlike Welkom!
Mnr. Nicky Deetlefs
Skoolhoof
Welkom by Laerskool Bertie Barnard, ons pragtige skool, waar ons al vir die laaste 65 jaar aan ons leerders verskeie aktiwiteite in kultuur, sport en akademie bied om vir hulle ‘n geleentheid te skep om daagliks in ‘n waardegedrewe omgewing te
ontwikkel.
Ons streef daarna om elke leerder in ‘n veilige en gelukkige omgewing op te voed, ten einde te verseker dat alle leerders die geleentheid kry om optimaal toegerus te word om ‘n positiewe bydrae te kan lewer en om eendag sy/haar volwaardige
plekkie in ons samelewing vol te staan.
Diversiteit vorm hier ‘n integrale deel van menslike ontwikkeling in elke leerder se skoolloopbaan; hetsy in die klaskamer, op die sportveld, by leierskap- en kulturele aktiwiteite.
Hier is ons ‘n gelukkige familie, waar leerders nog lekker kan lag en waar ons alles in ons Skepper se naam aanpak. Ons vertrou dat dié klein blik op ons ambisieuse skool, by u as voornemende ouer die gevoel om deel van ons Bertie-familie te wees, sal aanwakker. Voel vry om enige tyd by ons te kom kuier en meer van ons skool te ervaar.
#kleinskoolgroothart
Ons Trotse Verlede

Die Laerskool Bertie Barnard het in 1954 tot stand gekom met die doel om onderrig te verleen aan die kinders van die destydse, hoofsaaklik Afrikaanssprekende, gemeenskap. Die skool is vernoem na mnr. Bertie Barnard, wat oorspronklik hoof was van die ou skool aan die oorkant van die rivier.
Berties op Facebook!

Ons Waardes
Integriteit – Eerlik – Diensbaar – Respek – Nederig – Netheid – Pligsgetrou – Volharding – Gehoorsaam
Nuus
Kontak Ons
© 2023 Kopiereg - Bertie Barnard Laerskool