Krieketnaweek

17/10/2019

Ons het die naweek van 11-12 Oktober 2019 ons jaarlikste Krieketfees weer aangebied.

Dit was ‘n naweek vol kompeterende spelers en afrigters maar tog ook ‘n naweek van gees en nuwe ontmoetings.

Diè jaar se deelnemers was Laerskool Hendrik Louw, Laerskool De Kuilen, Laerskool Bredasdorp, Laerskool Worcester, Laerskool Ladybrand, Milkwood Primary, Laerskool De Hoop en laastens Laerskool Bertie Barnard.

Die skole het teen mekaar gespeel op Stilbaai se dorpveld, Bertie Barnard Laerskool  se velde asook op Melkhoutfontein se sportgronde. Soos dit altyd is met sport was daar gejuig met spanne wat gewen het en ook hartseer met verlorende spanne. Tog het al die spelers hulself vreeslik baie geniet, en na die wedstryde was daar ook tyd om bietjie in die see te swem.

Ons wil net dankie sê aan al ons borge, Drie Pikkewyne, Jongensfontein Karavaanpark, Ellensrust Karavaanpark. Ons sou nie ‘n suksesvolle fees gehad het sonder julle nie.

Ons wil ook dankie sê aan al die deelnemende skole wat bereid was om deel te neem aan ons fees, sonder julle sou ons nooit so fees kon aanbied nie.

 

5 Uitsig Straat, Stilbaai Wes, 6674

Kontak Ons

7 + 5 =

© 2021  Kopiereg – Bertie Barnard Laerskool

www.WebAmmo.co.za

0
Lewer jou insette, gee asb. kommentaarx
X