Aansoeke

Vind asseblief ons aansoek vorm onder. Ander dokumente wat saam met die aansoekvorm ingehandig moet word is:

  • Afskrif van kind se geboortesertifikaat.
  • Afskrif van kind se kliniekkaart.
  • Oorplasingsvorm van vorige skool.
  • Laaste rapport van vorige skool.
  • Vorige skool se kontakbesonderhede.

Beide vorms onder, is verpligtend.

 

Skoolgelde

Skoolgelde vir 2021

  • Gr 1 tot 7 Leerder – R 900.00 per maand,  R9 900.00 (11 Betalings)
  • Gr R Leerder – R 900.00 per maand,  R9 900.00 (11 Betalings)

 

Enkelbedrag vóór of op 31 Januarie 2021.

5% Korting word toegestaan indien die volle bedrag vóór of op 31 Januarie 2021 betaal is.

Per maand vooruitbetaalbaar vir 11 maande (voor die 7de van die maand).

Debietorder oor 11 maande (debietorder moet self met die bank gereël word betaalbaar vanaf begin Januarie tot begin November).

Aansoek om afslag op skoolgeld is vir leerders Gr 1-7. Alle ondernemings moet terug gestuur word skool toe teen 31 Januarie. Dit word per afspraak, deur elke ouer self gereël.

 

Skooltye

Skooltye vir derde kwartaal Graad 4 – 7 :
Maandae – Donderdae: 7:30 – 13:45
Vrydae: 7:30 – 13:30
Skooltye vir derde kwartaal Graad 1 – 2 :
Maandae – Donderdae: 7:30 – 13:00
Skooltye vir derde kwartaal Graad 3 :
Maandae en Woensdae: 7:30 – 13:45
Dinsdae, Donderdae en Vrydae: 7:30 – 13:00

Skooldrag

Kleredrag vir Dogters

Skoolklere is verkrygbaar by die skool.

SOMER-EERSTE EN VIERDE KWARTAAL

  • Die skool se donkerblou hempie, met die rooi insetsel aan die kant, en die donkerblou rompie met die rooi insetsel aan die kant
  • Oorwegend wit tekkies en wit sokkies kan daarby gedra word
  • Die leerders van Graad 1 tot 6 sal ook toegelaat word om kaalvoet skool toe te kom gedurende die somerkwartale.

WINTER-TWEEDE EN DERDE KWARTAAL 

  • Die skool se donkerblou sweetpak, met die rooi insetsel aan die kant.
  • Die skool se donkerblou reënbaadjie.
  • Oorwegend wit tekkies met wit sokkies
  • Geen kaal voete gedurende hierdie 2 kwartale word toegelaat nie

SPORTDRAG

  • Die skool se donkerblou hempie met die rooi insetsel en ‘n korter weergawe van die seun se skoolbroeke.  Die donkerblou broekie met die rooi insetsel.
  • Die skool se donkerblou sweetpak, met die rooi insetsel aan die kant.
  • Oorwegend wit tekkies met wit sokkies

ALGEMEEN

  • Rooi, wit of donkerblou linte mag in hulle hare gedra word.
  • Slegs silwer of goue knoppies (studs) mag in die ore gedra word-Geen ringetjies of ander juwele met steentjies  in nie.
  • Slegs 1 oorbel per oor sal toegelaat word.

 

Skooldrag vir Seuns

Skoolklere is verkrygbaar by die skool.

SOMER-EERSTE EN VIERDE KWARTAAL

  • Die skool se donkerblou hempie, met die rooi insetsel aan die kant, en die donkerblou broekie met die rooi insetsel aan die kant .
  • Oorwegend wit tekkies en wit sokkies kan daarby gedra word
  • Die leerders van Graad 1 tot 6 sal ook toegelaat word om kaalvoet skool toe te kom gedurende die somerkwartale.

 WINTER-TWEEDE EN DERDE KWARTAAL

  • Die skool se donkerblou sweetpak, met die rooi insetsel aan die kant.
  • Die skool se donkerblou reënbaadjie.
  • Oorwegend wit tekkies met wit sokkies
  • Geen kaal voete gedurende hierdie 2 kwartale word toegelaat nie

 SPORTDRAG

  • Die skool se donkerblou hempie met die rooi insetsel en die korter donkerblou broekie met die rooi insetsel.
  • Die skool se donkerblou sweetpak, met die rooi insetsel aan die kant.
  • Oorwegend wit tekkies met wit sokkies

 

 

Ons Skoollied

Woorde: M Cronjé

Musiek: T Taylor

1. Suid van die lang Langeberge

Waar die suiderkruis hang in die lug.

Staan ‘n skool met ‘n trotse verlede,

Kyk ons daagliks met dankbaarheid terug.

2. Ons bring hulde aan jou Bertie Barnard tot in die verste geslag.

Al die lof en die eer aan ons God en Heer, Hy’s ons liefde, ons lig, ons krag.

3. Suid van die Slapende Skoonheid,

Waar die Goukou mond in die see.

Is ‘n skool met groot ideale.

Word daar tyd aan ons roeping bestee.

4. Ons bring hulde aan jou Bertie Barnard tot in die verste geslag.

Al die lof en die eer aan ons God en Heer, Hy’s ons liefde, ons lig, ons krag.

5. Stilbaai ons dorp aan die Suidkus, waar bosbok en duiker regeer.

Waar laafnis en vrede ons deel is, kan ons aanhou wen en presteer.

6. Ons bring hulde aan jou Bertie Barnard tot in die verste geslag.

Al die lof en die eer aan ons God en Heer, Hy’s ons liefde, ons lig, ons krag.

Reëls en Gedragskode

  1. Leerlinge speel slegs op aangewese plekke soos volg:
  • Gr. 1 tot Gr. 3 : Op die terrein agter die Graad 3 klas en ook tussen die houtklas en die skoolheining.
  • Gr. 4 tot Gr. 7 : Vanaf heining agter die Graad 5 klas tot onder by die tennisbaan.
  1. Geen hardloop- of balspeletjies mag naby die skool gespeel word nie, slegs op die sportterrein.
  2. Geen leerling mag in ‘n boom klim of plante beskadig nie.
  3. Niemand mag oor drade, hekke of heinings op en om die skoolterrein klim nie.
  4. Dit is verbode om papier, toebroodjies, skille en ander vullis rond te strooi of om enige water te
    vermors.
  5. Dit is verbode om op mure, banke, sementpaadjies, toiletdeure en ander skooltoerusting te krap.
  6. Daar mag nie in die toilette gespeel of gemors word nie.
  7. Dit is verbode om te baklei en om ander aan te hits om te baklei, of kleiner kinders af te knou of
    enige persoon te spot.
  8. Niemand mag die skoolterrein tydens skoolure sonder toestemming verlaat nie – toestemming slegs deur skoolhoof.
  9. Skeltaal is verbode.
5 Uitsig Straat, Stilbaai Wes, 6674

Kontak Ons

15 + 10 =

© 2023  Kopiereg - Bertie Barnard Laerskool

www.WebAmmo.co.za

0
Lewer jou insette, gee asb. kommentaarx
X