
Diversiteit vorm hier ‘n integrale deel van menslike ontwikkeling in elke leerder se
skoolloopbaan; hetsy in die klaskamer, op die sportveld, by leierskap- en kulturele aktiwiteite.
Hier is ons ‘n gelukkige familie, waar leerders nog lekker kan lag en waar ons alles in ons Skepper se naam aanpak. Ons vertrou dat dié klein blik op ons ambisieuse skool, by u as voornemende ouer die gevoel om deel van ons Bertie-familie te wees, sal aanwakker. Voel vry om enige tyd by ons te kom kuier en meer van ons skool te ervaar. #kleinskoolgroothart