Ons het u hulp nodig | We need your help

Ons plaaslike trots, Laerskool Bertie Barnard, is net soos ons dorp, besig om vinnig te groei! Om te verseker dat ons te alle tye die beste kwaliteit opvoeding aan élke leerder gee, het ons asseblief elkeen se ondersteuning nodig. Ons nooi die gemeenskap, belanghebbendes, die met vakansiehuise of enige een met ‘n passie vir kwaliteit onderwys uit om saam met ons hande te vat ten einde geld in te samel om drie nuwe klaskamers vir die skool te laat bou. Jou bydrae kan as volg wees: finansieël, tyd, kennis of enige idee hoe ons hierdie geld bymekaar kan maak. Hierdie projek het ‘n toekomsvisie, naamlik om aan enige seun of dogter van die groter Stilbaai omgewing die geleentheid te bied om in die toekoms, naby of ver, te kan uitblink! Raak assebliéf deel van ons projek!

Bertie Barnard provides cultural and morally based education to the primary school children of Stilbaai. Due to the growth of the town, the school requires more classrooms. Funding for these classrooms needs to be generated by the parents and the larger Stilbaai community. We require your help to make this a reality. Your help can come in many forms: a financial contribution; advice; time; forwarding of our information and needs to your networks and any fundraising ideas. Please join us in creating new learning spaces for our children, the future of our community.

Hoe werk dit? | How does it work?

Hierdie maklike aanlyn donasievorm sal verseker dat elke sent wat ingesamel word aan die klaskamer-projek geallokeer word. Voltooi asseblief die vorm deur die bedrag wat u wil skenk aan te dui. Indien u enige ander tipe skenking wil maak, kies “Other options” en vertel ons meer
van hoe u ons kan help! U idees is kosbaar vir ons! Sodra die vorm voltooi is, sal u ‘n epos ontvang wat u stap vir stap sal bystaan deur die verskillende betalingsopsies.

This easy online donation form will ensure that every cent is allocated to the classroom project. Please complete the form and indicate the amount that you would like to donate. If you are unable to contribute financially select “other options” and tell us how you are able to help, your ideas are valuable to us! Once you have completed the form you will receive an email that will guide you through the donation payment options.

Hoeveel moet ons insamel? | How much do we need?

Ons benodig R760 000 vir die klaskamers. Die barometer sal maandeliks opgedateer word om u op hoogte te hou.
We need to raise R760 000. We will update our barometer every month.

Huidiglik staan ons op R4500 met insamelings vanaf 17 Augustus tot 1 September 2021.

Meer oor die Klaskamers | More about our new classrooms

Die klaskamers wat befonds sal word, is vrystaande en voorafvervaardig. Dit is goed geisoleer en sal toegerus wees met lessenaars, stoele, sowel as ‘n  interaktiewe witbord.

The classrooms we aim to purchase are freestanding and prefabricated. They are well insulated and will all be equipped with desks and a state-of-the-art interactive whiteboard.

Donateurs ontvang Artikel 18A-sertifikate vir belasting doeleindes. Donors receive Section 18A certificates for tax purposes.
Bertie Barnard Sponsorship Form
Adres | Address
Adres | Address
City
State/Province
Zip/Postal
***Wanneer U die vorm klaar ingevul het, sal u n epos ontvang met die bankbesonderhede. After you have submitted the form you will receive an email with our account details.
X