
Aktiwiteite
Avontuurkampe
Twee keer per jaar gaan die graad 4-7 leerders op ‘n Avontuurkamp waar hulle meer kan leer van ons pragtige natuur, oorlewing en ook pret kan hê met vlotbou, hindernisbane en vele ander aktiwiteite.
Eisteddfod
Leerders neem jaarliks aan die Ratem Eisteddfod deel waar hulle kan spog en kompeteer met hulle sang, musiek, poësie en kunstalente.
Entrepreneurs
Leerders word elke jaar aangemoedig om hulle Entrepreneursvaardighede te ontwikkel en te verbeter. Hulle kry dus geleentheid om tydens ‘n aandmark stalletjies te hê, waar hulle produkte van hulle keuse self te koop moet aanbied.
Kultuurweek
Een keer per jaar bied die skool ‘n kultuurweek aan met wonderlike kultuuraktiwiteite soos boeresport, skattejag, kokkedoortjie, konserte, ‘n modeparade met klere van herwinningsmateriaal, draadkarresies en nog vele meer. Iets om beslis nie te mis nie.
Kultuurkalender
Desember, 2023
Verlede en Toekomstige Aktiwiteite
Tipe Aktiwiteit
Geen Aktiwiteite
Kontak Ons
© 2023 Kopiereg - Bertie Barnard Laerskool